Registreer jou Karoo plaas

Kwalifiseer vir Karoo lam bemarking
23 April 2023 by
Registreer jou Karoo plaas
Admin

Na die suksesvolle afloop van die Kleinvee Dag in Loxton op 20 April 2023 en die groot belangstelling wat deur bestaande, nuwe en vorige lede getoon is om deel te neem aan die Geografiese Indikator (GI) digitale proses van die Karoo Lam Konsortium, nooi ons u graag uit om die eerste stap in die proses te neem deur u plaas te registreer.

Maak gebruik van Karoo Lam Konsortium se Kaarte stelsel om jou plaas in die Karoo te eien (claim). Hier volg die stappe wat u moet volg:

  1. Gaan na die Karoo Lam Kaarte toepassing deur op die volgende skakel te klik: Plaas Kaarte
  2. Gaan soek na die titel akte waarop u boer en klik daarop.
  3. Sodra dit gekies is, klik die opsie aan die linker kant wat sê "Claim as your farm". Herhaal die proses tot al die titel aktes gekies is wat u by Karoo Lam Konsortium wil registreer.
  4. As al die titel aktes gekies is, gaan na die regte boonste hoek van die toepassing en kies die opsie "Farms". Al jou plase wat jy gekies het (claim) sal daar verskyn.
  5. As u tevrede is met u keuses, gaan voort deur te klik op "Claim Farm". In die volgende skerm kan u die plase se name verander. Die program maak van amptelikte Akte Kantoor name gebruik.
  6. Sodra u tevrede is met die plaas name en die toepaslike eienaarskap keuses gemaak het, kan u voort gaan na die finale registrasie bladsy.
  7. Vul asseblief hier u besigheids inligting in. Die inligting sal in Karoo Lam se stelsel registreer met al die titel aktes as deel van u portfolio.

Indien u nogsteeds onseker is hoe die toepassing werk, kan u die volgende video kyk: 



Share this post
Labels