Neem Kennis: Die byeenkoms het geskuif na die plaas "Rondom" (tussen Loxton en Carnarvon) en val saam met die OVK Kleinveëdag.
U word uitgenooi na ons jaarvergadering wat aangebied word op 20 April 2023 by die plaas "Rondom" naby Loxton (9h00 - 15h00). Die Karoo Lam Konsortium se algemene jaarvergadering sal plaasvind vanaf 09h00 - 10h00, terwyl die res van die program sal voortgaan omstreeks 10h00.
Ons jaarvergadering val saam met 'n spesiale Landbouweekblad en OVK byeenkoms oor die toekoms van die kleinveëboer in die Karoo. By hierdie geleentheid sal u die kans kry om by die kundiges en bedryfsleiers te hoor van die nuutste verwikkelinge rondom wol en vleisproduksie en hoe nuwe tegnologie met naspeurbaarheid kan bydra tot die toekoms sukses van boere.
Die Hoof Uitvoerende Beamptes van Cape Wools en die nuut gevormde RMIS (Red Meat Industry Services) gaan verduidelik hoe hulle nou saamwerk om harmonisasie in ouditprosesse en naspeurbaarheid te bewerkstellig.
Middagete sal na die aanbiedings bedien word. Ons sal bevoorreg wees om jou as ons gas te hê en om hierdie ervaring met jou te deel. Daar is egter beperkte plek en dit is dus belangrik dat u asseblief RSVP teen 10 April 2023 om jou bywoning te bevestig. Karoo Lam Konsortium lede wat registreer sal vrygestel word van die R100 "verbintenis fooi" en die Konsortium sal dit namens u betaal.
Klik op die volgende skakel om te registreer: Jaarvergadering Registrasie
Ps. Bring asseblief kontant saam om "Certified Karoo Lamb" goedere te koop!
Ons sien uit daarna om jou by die geleentheid te verwelkom en meer te deel oor die opwindende verwikkelinge binne die Karoo Lam Konsortium.