Nuusbrief #4 - 2017

29 November 2017 by

MEAT OF ORIGIN KAROO NPC
(Nr 2012/078056/08)

Nuusbrief #4/2017

In hierdie – die vierde en laaste - nuusbrief van 2017 verskaf ons ‘n paar interessante brokkies nuus waarmee lede van die “Karoo Meat of Origin” Sertifisering skema gedurende die komende somervakansie periode langs die braaivleisvure en op die strande kan ‘brag’. As almal moeg gesels is oor die politiek, Zimbabwe en Deon Meyer se nuutste boek, kan die feite in hierdie nuusbrief help om nuwe onderwerpe vir bespreking te stimuleer, soos: Waar kan ek ‘gesertifiseerde egte’ Karoo Lam koop? en hoe baie geld maak Karoo boere nou as gevolg van die hoër prys wat hulle vir Karoo Lam ontvang. Ons verskaf ook terugvoering oor die belangrikste besluite geneem by die onlangse MOOK jaarvergadering.

Prof Johann Kirsten was bevoorreg om onlangs ‘n vergadering oor Geografiese Indikators (GI) van die Europese Unie in Kaapstad by te woon waar ander Europese voorbeelde van GIs bespreek is. Die verteenwoordigers van die Consorzio Tutela Mozzarella di Bufala Campana DOP – die konsortium van produsente van die bekende Mozzarella - het saam met Karoo Lam ‘n aanbieding gedoen. Hulle hoofkwartier en administratiewe kantore is in ‘n pragtige ou kasteel in die Campana distrik van Italië gesetel. Hoe word dit befonds? Blykbaar alles uit heffings van produsente en verwerkers en op die manier kan hulle ook bemarking en standaard verpakking befonds. Blykbaar is daar geen staatshulp vir die organisasie nie en boere moet selfs addisionele vir kwaliteit oudits betaal. So MOOK is op die regte pad – ons moet net die volumes op stoot en sorg dat alle skaap en lam uit die Karoo onder die KMOO merk bemark word!

Aktiwiteite om bewusmaking onder verbruikers te bevorder

Lede van MOOK vra met reg wat ons doen om Karoo Lam as unieke produk te bevorder. In lyn met besluite van die Direksie en die Algemene Jaarvergadering is die volgende stappe geneem om waardering van die produk onder verbruikers en sjefs te bevorder:

1.  5000 afskrifte van ons mooi brosjures is herdruk

2. Die finale seremonie van die One&Only Reaching for Young Stars kompetisie
    onder die top sjef skole in die Kaap is gehou op Vrydag 10 November by die
    One&Only. Tydens die kompetisie moes die aspirant sjefs leer om op kreatiewe
    wyse met Karoo Lam te kook en die wenresep van Karoo Lam is dan ook deur
    Chris Mare (sjef van die One&Only ) tydens die seremonie aan die 120
    uitgelese gaste bedien. Die wen paar het ‘n naweek gewen in
    Stuurmansfontein se korbeel huis. Dankie aan Charmaine en Piet Botha vir die
    skenking. Ryan Boon Speciality Meats het wonderlik saam gewerk om die vleis
    vir die geleentheid te voorsien.

3. Danksy ‘n skenking van MOOK in samewerking met Williston Vleiskoöperasie en
    Ryan Boon was gesertifiseerde Karoo Lam weer die hoofgereg tydens die Eat
    Out Awards seremonie in die Kaap op 19 November waar die top 20
    restaurante in Suid-Afrika aangekondig is.

Waar is ‘gesertifiseerde’ Karoo Lam beskikbaar? Hier is die antwoorde.

Die volgende kleinhandelaars koop op gereelde basis gesertifiseerde karkasse van die twee gesertifiseerde abattoirs aan. Verwys gerus vriende, kennisse en familie na hierdie ondernemings indien hulle navraag doen oor plekke waar Karoo lam gekoop kan word.

Gauteng

Naam van slaghuis/winkel
Adres
Kontak besonderhede
Braeside Butchery
20 Gleneagles Road Greenside, Randburg
011 788 3613 
Boma Meat Market
H/v Garsfontein & Rubenstein Rylaan Moreleta Park Pretoria
012 998 8711 
Forsmay Muslim Butchery
24 Crown Rd, Fordsburg, Johannesburg
011 838 5720 
Boskruin Butchery
Summerfields Shopping Centre, shop 27, Boskruin, Gauteng

Khans Meat/ Famzahr Meat enterprise
H/v 3rd Ave, Queens Rd, Mayfair, Johannesburg
011-837 4742 
Bull and Bush (Pty) Ltd meat Merchants
Unit 21, 7 on Mastiff Drive, Linbro Bussiness park, Sandton
011 – 454 8274 | 011 – 454 8116
Jacksons REAL Food Market
300 Bryanston Drive Bryanston En Kyalami Corner (H/v Main en R55) Kyalami

011-463 1598 

Wes-Kaap

Ryan Boon Speciality Meats
Groothandel Noorder Paarl, Paarl En De Warenmarkt 20 Ryneveldstraat Stellenbosch
Groothandel:
021-8721975
Winkel: 021-887 9905
Plattekloof Spar 
H/v Olienhout & Plattekloof Straat, Plattekloof 3, Kaapstad
021 911 1010
Frankie Fenner Meat Merchants
183 Sir Lowry Road, Woodstock en Winkel 20B, Gardens Centre H/v Buitenkant and Mill Street Kaapstad
021 461 0206
Seepunt Spar
Regent Road, Seepunt, Kaapstad
021-439- 0913
Houtbaai Spar 
46 Victoria Street Houtbaai 7800
021-7902683
Son of a Butcher 
2 Upper Holly street, Nuweland

082 307 9985

Kwazulu-Natal

Hope Meats
17A Mackeurtan Ave, Durban Noord
031 563 1201 

Noord-Kaap

Karusaf
Lutzstraat Williston
053 391 3002
Top Tjops
Industriële gebied Carnarvon
053 382 3665

Belangrikste besluite geneem by die Algemene Jaarvergadering: Carnarvon, Vrydag 6 Oktober 2017

Die vergadering het die finansiële state vir 2016/17 goedgekeur en kennis geneem dat die jaar met surplusfondse afgesluit is. Dit is ‘n groot verbetering op die 2015/16 verslag wat ‘n tekort aangetoon het.

Die begroting van 2017/2018 is ook deur die vergadering goedgekeur. Voortvloeiend uit die 2017/18 begroting is die ledegelde vir 2018 vasgestel. Die nuwe ledegelde is as volg:

Lid2017 ledegeld
Nuwe ledegelde vir 2018
% verhoging
Produsente
17c/ingeskrewe ha
18c/ingeskrewe ha
5,8%
Kleinhandelaars
R1000/winkel
R1100/winkel
10%

Rekeninge vir ledegelde vir 2018 sal in Februarie 2018 aan alle lede uitgestuur word vir betaling voor 15 Maart 2018.

Die vergadering het ook die aanstelling van GBG ouditeure van Cradock as MOOK se ouditeure goedgekeur.

Die samestelling van die Direksie is ook weer bevestig met geen nuwe nominasies en geen bedankings nie.

Verkope van Karoo lam

Die aantal karkasse wat as gesertifiseerde Karoo lam verkoop word, het ten spyte van die redelik droë toestande in die Karoo, gedurende die laaste kwartaal dramaties gestyg. Waar daar vroeër in die jaar in die orde van 800-900 karkasse per maand verkoop is, is ‘n rekord totaal van 1 300 gesertifiseerde karkasse in Oktobermaand aan geregistreerde kleinhandelaars verkoop. Vir die 10 maande tot en met die einde van Oktober 2017 is 10 179 Karoo lammers by boere aangekoop en aan die verskillende kleinhandelaars verkoop. In ag genome die gemiddelde premie vir Karoo lam bo die markprys vir gewone lam kan ‘n mens argumenteer dat die 120 geregistreerde MOOK produsente teen die einde van 2017 naby aan R1 miljoen ekstra sal verdien deur aan die sertifisering skema te behoort. Dit is ‘n groot opbrengs op die totale produsente ledegelde van sowat R130 000.

Karoo Meat of Origin klere

Albertus Erasmus het baie moeite gedoen om gholf hempies en pette met die KMOO logo te ontwerp. Sien die voorbeelde hiernaas.


Enige iemand wat belangstel om van die klere te bestel kan gerus met Albertus kontak maak by: AE@eproc.ac.za.
Vir lede se gerief het Albertus ook ‘n bestelvorm saamgestel wat gebruik kan word om bestellings te plaas. Dit word as aparte dokument in die epos aan lede gestuur.

Afsluiting
Ten slotte wil die Direksie weereens alle lede bedank vir hul getroue ondersteuning en bydrae om MOOK en die meegaande sertifisering skema ‘n sukses te maak. As ons hierop kan voort bou sal ons binnekort al die Karoo abattoirs en produsente in een organisasie verenig kry.

Dan is dit ook ons wens dat almal ‘n geseënde feestyd en ‘n voorspoedige nuwe jaar sal geniet.


Vriendelike groete

Johann Kirsten

29 November 2017


Share this post